Edelvalk-tak skuts lê aan en skiet hul teikens raak
Stoffel Bester (Edelvalk) het in die ope-afdeling geseëvier, gevolg deur Tommy Abrose (Edenvale) en Jaco Booysen (Edelvalk).
Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag, 25 Mei ‘n streekintertakskietdag aangebied.
Die tak het al die deelnemers en sommiges van so ver as Vereeniging vir die ondersteuning bedank, sowel as die hoofbaanoffisier, Christo Bailey, en baanoffisiere, Jacques Dalhouzie en Wynand Ferreira
Die span wat as oorwinnaar uit die stryd getree het was die Edelvalk Swartwildebeeste A, gevolg deur die Duiker Rebelle en Edelvalk Blesbokke B.
In die seniorafdeling het Evert Genis (Edelvalk) eerste geëindig, terwyl Hennie de Beer (Duiker) en Leon Uys (Suikerbosrand) onderskeidelik tweede en derde geëindig het.

Stoffel Bester (Edelvalk) het in die ope-afdeling geseëvier, gevolg deur Tommy Abrose (Edenvale) en Jaco Booysen (Edelvalk).
In die B-afdeling was G Mattthews (Suikerbosrand) eerste en H de Beer (Duiker) en C Botha (Duiker) onderskeidelik tweede en derde.
Niel Grabe (Edelvalk) was onoorwonne in die C-afdeling, gevolg deur S Kriel (Duiker) en M Briers (Suikerbosrand).
In die vroue-afdeling het Edelvalk se Helen Ellis en Elri Bester die eerste en tweede plek behaal.
Jean van den Berg (Edelvalk) het in die juiniorafdeling die septer geswaai, gevolg deur P Cronje (Duiker) en Xander Bailey (Edelvalk).





