Local sportSport

Sasol DigiMag verloor twee, wen een op Witrivier

Secunda-spanne speel Saterdag teen Highlanders op Newcastle

SECUNDA – Sasol DigiMag Rugbyklub se spanne het die afgelope naweek met Witrivier kragte gemeet en in die stof gebyt.

Die eerstespan, die Busse, het met 22-35 ten Witrivier verloor.

Teen halftyd was die telling 10-7 in Sasol DigiMag se guns, maar die span kon egter nie daarin slaag om die voorsprong te behou nie.

Die puntemakers vir die wedstryd was Calvin Clack, Dalton Smit, Ruben Lello en Marinus van der Merwe wat elk een drie aangeteken het.

Van der Merwe het ook een drie verdoel.

Spelers van Sasol DigiMag Rugbyklub se tweedespan en Witrivier in aksie op die veld op Witrivier die afgelope naweek.

Sasol DigiMag se tweedespan, die Pompe, se telling was 22-31 en Witrivier het reeds teen halftyd met 10-7 voorgeloop.

Die tweedespan se puntemakers is Njabulo Mahlobo, Sphelo Jama, Thando Tshabalala en Warren Moolman wat elk een drie gedruk het en Jama wat een drie verdoel het.

Juan Schambreel en Millis Moyikizo is onderskeidelik as die beste voor- en agterspeler van die wedstryd aangewys.

Sasol DigiMag se derdespan, die Trokke, het daarin geslaag om Witrivier met 14-0 te klop.

Hulle het teen halftyd reeds met 7-9 voorgeloop. Die puntemakers is DC Saaiman en HD Basson wat elk een drie gedruk het en elk een drie verdoel het.

Basson en Ruan Neethling is onderskeidelik as die beste voor- en agterspeler van die wedstryde aangewys.

Sasol DigiMag se spanne meet eerskomende Saterdag kragte met die Highlanders op Newcastle.

Sphelo Jama van Sasol DigiMag Rugbyklub se tweedespan probeer ‘n speler van Witrivier keer. (Foto: Mariana Balt).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button