Secunda-stoeiers ryg plekke in by Mpumalanga Liga-kampioenskap op Middelburg
Pumatjie-stoeiers wen wisseltrofee vir beste kreet
SECUNDA – Verskeie stoeiers van Sasol Stoeiklub het plekke verwerf op die Mpumalanga Liga-kampioenskap wat onlangsĀ in Middelburg gehou is.
Die stoeiers wat eerste plekke losgestoei het, is Sarah-Ann Francke, Christiaan Steyn, Reagen Meyer, Hendrik Nel, Zak Manaia, Tiaan Carelse, Hein Meyer en Nico van den Berg.
Die stoeiers wat tweede plekke behaal het, is Pieter Bezuidenhout, Carelse en Manaia.
Stoeiers wat derde plekke behaal het, is Rick Robertson, Tyrone Swanepoel en Lyndon Fourie. Sasol Stoeiklub het 19 plekke uit die 26 inskrywings behaal.
Die Pumatjie-stoeiers het op dieselfde dag, ook op Middelburg, aan die tweede Mpumalanga Pumatjie-toernooi deelgeneem. Altesaam 10 klubs het deelgeneem.
Die Pumatjie-stoeiers het die wisseltrofee vir die beste kreet en gees onder die stoeiers, samewerking onder stoeiers en kleredrag huistoe geneem.
Die Pumatjie-stoeiers wat deelgeneem het, is De Wet du Plessis, Jake Voigt, Gareth Smith, Adriaan Odendaal, Tinus Steyn, Lucan Lessing, Kamden Lessing, Keagen Lessing, Divan Raubenheimer, Liam Swarts, Zune van Rensburg, Janlu Lourens, Antoine Duvivier, Logan Fourie, Lyndon Fourie, Reuben van Rensburg, Hendrik Nel, Rick Robenson en Tiaan Carelse.
Sasol Stoeiklub oefen elke Maandag en Woensdag vanaf 6nm by die Sasol Ontspanningsklub en belangstellendes is welkom.




