Local sportSport

Joré Nortjé kraai koning in gholf

Gerrit Coetzee het met 36 punte tweede geëindig, terwyl Theuns Adendorff se 35 punte aan hom die derde plek besorg het.

Joré Nortjé het op Saterdag 8 Junie by die Standerton Buiteklub koning gekraai met ‘n telling van 36 punte.

Gerrit Coetzee het met 36 punte tweede geëindig, terwyl Theuns Adendorff se 35 punte aan hom die derde plek besorg het.

Nic Momberg was vierde met 35 punte, Jacques Scholtz vyfde met 34 punte en André Burger sesde met 34 punte.

Momberg, Scholtz en Adendorff het elk ‘n spog-twee aangeteken.

Gerrit Coetzee en Herman Mynhardt het die ‘mystery birdie’ gewen.

In ligawedstryde het die Toppies Witbank met 5-1 in die kwarteindronde op Walkerpark geklop.

Standerton Gholfklub het Patrizia Lombard gelukgewens met hul afdeling se sege op Maccauvlei.

Die klub sal op Saterdag 15 Junie ‘n ‘Bonus Bogey’-kompetisie aanbied en op Maandag die Sanlam Cansa-dag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button