Edelvalk se Swartwildebeeste A behaal tweede plek
Edelvalk Swartwildebeeste A het met 3110.52 tweede geëindig.
Skuts van die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op 8 Junie op Frankfort deelgeneem en Edelvalk Swartwildebeeste A het met 3110.52 tweede geëindig.
Edelvalk Blesbokke B se 3040.41 het aan hulle die derde plek besorg.
In die seniorafdeling het Evert Genis ‘n goue medalje verwerf, Stoffel Bester ‘n silwer in die ope-afdeling, Neil Grabe ‘n goue in die C-afdeling, Helen Ellis ‘n goue in die vroue-afdeling en Xander Bailey en Jean van den Berg onderskeidelik silwer en brons in die juniorafdeling.
Die skuts wat onder die top 20 aangewys is, se puntetelling is soos volg;
2. Stoffel Bester – 680.12
8. Evert Genis – 650.10
9. JC Schoeman – 650.08
13. Jaco Booysen – 620.13
14. Neil Grabe – 620.11
18. Xander Bailey – 610.08
19. Callie Duminy – 610.07
‘n Skietdag word op Saterdag 15 Junie by die Evert Genis-skietbaan aanbied.



