BETHAL – Bertus Nortier het Bethal Gholfklub se gholfdag wat ten bate van kankerpasiënte gehou is op Saterdag, 8 Junie, gewen.
Hy het 40 punte behaal in die A-divisie. Henry Jansen van Vuuren het die B-divisie gewen en ook 40 punte behaal terwyl Francois Berry die C-divisie gewen het en 39 punte behaal het en Ronel Purchase was die wenner onder die vroue. Me. Gisele Bosman, van Kansa se Hoëveld-tak, het ook die gholfdag bygewoon.
Die opbrengs van die dag is aan Kansa geskenk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



