Local sportSport

Nico kort borge vir stoeitoernooi in Spanje

Jong stoeier wen 84 persent van sy wedstryde

SECUNDA – Nico van den Berg (20) vertrek binnekort na Spanje om aan die Spaanse Ope internasionale Grand Prix Stoeitoernooi in Madrid deel te neem.

Hy stoei al sedert hy drie jaar oud is en volg in sy pa, Johan van den Berg, wat begin stoei het toe hy ses jaar oud was, se voetspore.

Johan is al vir 42 jaar in stoei betrokke, eers as stoeier en later as internasionale skeidsregter, afrigter en beampte.

Hy is Nico se afrigter en het geskerts dat hy nie so ver gevorder het met stoei soos Nico nie, maar dat Nico ‘n beter afrigter het as wat hy gehad het.

Johan hou boek van al Nico se wedstryde en het elke wedstryd wat hy al gewen of verloor het word aangeteken.

“Nico het in sy hele stoeiloopbaan tot dusver 84 persent van sy wedstryde gewen,” het Johan gesê.

Pa en seun, afrigter en stoeier het mekaar beet in ’n greep tydens ’n oefensessie by Sasol Stoeiklub.

Nico het sy kwalifikasies as skeidsregter verwerf en is ‘n vlak 1 skeidsregter op internasionale vlak en vlak 2 op nasionale vlak.

Hy gaan binnekort begin om homself as ambagsman te kwalifiseer.

Nico het al 21 keer die titel as Suid-Afrikaanse Stoeikampioen ingepalm en was al nege keer oorsee om te stoei.

Hy het vanjaar vir die eerste keer sy senior Protea-kleure in stoei verwerf.

Hy is ook gekies om in April vanjaar as deel van die Suid-Afrikaans Senior Stoeispan aan die Afrika-kamp in Tunisië deel te neem, maar hy moes onttrek weens ‘n besering.

Nico se grootouers, Manie en Lollie van den Berg, is ook al jare by stoei betrokke en dien saam met Johan op die komitee van die Suid-Afrikaanse Stoei Federasie.

Nico is self verantwoordelik vir sy onkostes om na Spanje te reis en maak op borge staat.Belangstellendes wat hom wil borg, kan Johan skakel by 082 322 9893.

Afrigter en stoeier, pa en seun, Johan en Nico van den Berg na ‘n oefensessie by Sasol Stoeiklub.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button