Twee klubs bied perderuiterssport op Bethal aan
Beginners tot vlak 4-ruiters neem deel
BETHAL – Perderuiters het op Saterdag, 8 Junie en Sondag, 9 Junie hul vernuf op hul perde se rûe gewys tydens die Bethal Polocrosseklub en Trichardt Perderuitersentrum se Western Mounted Games-kompetisie wat op Bethal gehou is.
Onder die vlak 4-ruiters was Oubaas de Jager die beste ruiter en het algeheel eerste geëindig.
Tilanie Groenewald was algeheel tweede en Rossouw van Reenen derde.
Die kompetisie het oor twee dae gestrek en die algehele wenner van dag twee was Elri de Jager, terwyl Tilanie Groenewald tweede geëindig het en Marischke Groenewald derde.
Die onderskeie afdelings onder die vlak 4-ruiters is gewen deur Oubaas de Jager (vaatjie-resies), Elri de Jager (figuur 8 paalafdeling, pale 1- en 2-afdeling en spoedvaatjie-afdeling), Tilanie Groenewald (sleutelgat-afdeling, spoedbal-afdeling en groot T-afdeling) en Marischke Groenewald (figuur 8 vlae-afdeling).
Gamay Tromp was die beste ruiter onder die vlak 3-ruiters en het algeheel eerste geëindig, terwyl Carli Huber tweede geëindig het en Megan Lourens derde.
Die onderskeie afdelings onder die vlak 3-ruiters is gewen deur Tromp (vaatjieresies en sleutelgat), Johan de Jager (figuur 8 paal en spoedbal) en Huber (pale).

Carli Huber was die beste ruiter onder die vlak 3-ruiters op dag twee en het algeheel eerste geëindig, terwyl Gert van der Merwe tweede geëindig het en Melissa Olivier derde.
Die wenners van die onderskeie afdelings in vlak 3 is Huber (groot T-afdeling en pale 2), Walter van der Walt (figuur 8 vlae), Johan de Jager (spoedbal) en Gamay Tromp (spoedvaatjie).
Tana Martini was die algehele wenner onder die vlak 2-ruiters, terwyl Michelle van Reenen tweede geëindig het en Johan de Jager derde.
Marike Vermeulen was die beste ruiter op dag 2 en het algeheel eerste geëindig, terwyl Van Reenen weer eens tweede geëindig het en Abigail du Plessis derde.
Die wenners onder die vlak 2-ruiters in die onderskeie afdelings is Van Reenen (groot T), Du Plessis (figuur 8 vlae), Tana Martini (pale 2), De Jager (spoedbal), Michelle van Niekerk (spoedvaatjies, vaatjies en figuur 8 paal), Vermeulen (sleutelgat), Mia van Aardt (pale 1) en Nicky Doyer (spoedbal).

Onder die vlak 1-ruiters is Elri de Jager die algehele wenner, terwyl Colin Miles tweede geëindig het en Jaco Louw derde.
Clarissa Olckers was die beste ruiter op dag twee onder die vlak 1-ruiters, terwyl Rossouw van Reenen tweede geëindig het en Linieke Els derde.
Die wenners van die onderskeie afdelings onder die vlak 1-ruiters, is Johan de Jager (vaatjieresies, figuur 8 pale en spoedbal), Colin Miles (sleutelgat), Jaco Louw (pale 1), Van Reenen (groot T), Olckers (figuur 8 vlae) en Anina Slabbert (pale 2, spoedbal en spoedvaatjies).
Van Reenen was ook die algehele wenner onder die vlak 0-ruiters, terwyl Leonor Steenberg tweede geëindig het en Elzandri van Zyl derde.
Van Zyl het dag 2 onder die vlak 0-ruiters algeheel eerste geëindig, terwyl Franco van Aardt tweede geëindig het en Joshua Jansen derde.
Die wenners van die onderskeie afdelings onder die vlak 0-ruiters is Carla van der Walt (groot T), Steenberg (figuur 8 vlae en spoedvaatjies), Carla van der Walt (pale 2), Van Aardt (spoedbal), Van Reenen (vaatjieresies, spoedbal en sleutelgat), FJ de Villiers (figuur 8 pale) en Jansen (pale 1).
Onder die beginnerruiters het Marlie Venter algeheel eerste geëindig. Sy het ook al die afdelings gewen (groot T, figuur 8 vlae, pale 2, spoedbal en spoedvaatjies).

Sien ook meer fotos hier:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/139995/bethal-polocrosse-club-trichardt-equestrian-centre-host-south-african-western-mounted-games-bethal/



