Local sportSport

Ruiters van Standerton ding mee op Bethal

Die ruiters poog om maandeliks aan die onderskeie afdeling deel te neem, hoewel die uitbreek van perdesiekte soms reëlings in die wiele gery het.

Standerton-ruiters het op Saterdag 8 Junie en Sondag 9 Junie hul perde behoorlik deur die passies gesit by die ‘Western Mounted Games’-kompetisie van die Bethal Polocrosseklub en Trichardtruitersentrum op Bethal.

Sowat 80 deelnemers het by die kompetisie meegeding.

Ruiters poog om maandeliks aan die onderskeie afdeling deel te neem, hoewel die uitbreek van perdesiekte soms reëlings in die wiele gery het.

Onder die vlak 4-ruiters was Oubaas de Jager die beste ruiter en het algeheel eerste geëindig, terwyl Tilanie Groenewald algeheel tweede en Rossouw van Reenen derde was.

Die kompetisie het oor twee dae gestrek en die algehele wenner van dag twee was Elri de Jager, terwyl Tilanie Groenewald tweede geëindig het en Marischke Groenewald derde.

Die onderskeie afdelings onder die vlak 4-ruiters is gewen deur Oubaas de Jager (vaatjie-resies) en Elri de Jager (figuur 8 paalafdeling, pale 1- en 2-afdeling en spoedvaatjie-afdeling).

Kyla Bezuidenhout en Venus lyk heel gemaklik. (Foto: Verskaf)

Ander uitslae is Tilanie Groenewald (sleutelgat-afdeling, spoedbal-afdeling en groot T-afdeling) en Marischke Groenewald (figuur 8 vlae-afdeling).

Gamay Tromp was die beste ruiter onder die vlak 3-ruiters en het algeheel eerste geëindig, terwyl Carli Huber tweede geëindig het en Megan Lourens derde.

Die onderskeie afdelings onder die vlak 3-ruiters is gewen deur Tromp (vaatjieresies en sleutelgat), Johan de Jager (figuur 8 paal en spoedbal) en Huber (pale).

Carli Huber was die beste ruiter onder die vlak 3-ruiters op dag twee en het algeheel eerste geëindig.

Gert van der Merwe het tweede geëindig het en Melissa Olivier derde.

Die wenners van die onderskeie afdelings in vlak 3 is Huber (groot T-afdeling en pale 2), Walter van der Walt (figuur 8 vlae), Johan de Jager (spoedbal) en Gamay Tromp (spoedvaatjie).

’n Vasberade Cobus Uys op Lawaai.

Tana Martini was die algehele wenner onder die vlak 2-ruiters, terwyl Michelle van Reenen tweede geëindig het en Johan de Jager derde.

Marike Vermeulen was die beste ruiter op dag twee en het algeheel eerste geëindig, terwyl Van Reenen weer eens tweede geëindig het en Abigail du Plessis derde.

Die wenners onder die vlak 2-ruiters in die onderskeie afdelings is Van Reenen (groot T) en Du Plessis (figuur 8 vlae).

Ander uitslae is Tana Martini (pale 2), De Jager (spoedbal), Michelle van Niekerk (spoedvaatjies, vaatjies en figuur 8 paal), Vermeulen (sleutelgat), Mia van Aardt (pale 1) en Nicky Doyer (spoedbal).

Onder die vlak 1-ruiters is Elri de Jager die algehele wenner, terwyl Colin Miles tweede geëindig het en Jaco Louw derde.

Clarissa Olckers was die beste ruiter op dag twee onder die vlak 1-ruiters, terwyl Rossouw van Reenen tweede geëindig het en Linieke Els derde.

Die wenners van die onderskeie afdelings onder die vlak 1-ruiters is Johan de Jager (vaatjieresies, figuur 8 pale en spoedbal), Colin Miles (sleutelgat), Jaco Louw (pale 1), Van Reenen (groot T), Olckers (figuur 8 vlae) en Anina Slabbert (pale 2, spoedbal en spoedvaatjies).

Van Reenen was ook die algehele wenner onder die vlak 0-ruiters, terwyl Leonor Steenberg tweede geëindig het en Elzandri van Zyl derde.

Van Zyl het dag twee onder die vlak 0-ruiters algeheel eerste geëindig, terwyl Franco van Aardt tweede geëindig het en Joshua Jansen derde.

Die wenners van die onderskeie afdelings onder die vlak 0-ruiters is Carla van der Walt (groot T).

Ander uitslae is Steenberg (figuur 8 vlae en spoedvaatjies), Carla van der Walt (pale 2), Van Aardt (spoedbal), Van Reenen (vaatjieresies, spoedbal en sleutelgat), FJ de Villiers (figuur 8 pale) en Jansen (pale 1).

Onder die beginnerruiters het Marlie Venter algeheel eerste geëindig.

Sy het ook al die afdelings gewen (groot T, figuur 8 vlae, pale 2, spoedbal en spoedvaatjies).

Die volgende byeenkoms vind volgende maand op Badplaas plaas.

Elzandrie van Zyl en ’n koponderstebo Regter. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button