Edelvalk-skuts kry die oog in by skietdag
Edelvalk het ’n beroep op ouers gedoen om hulle kinders by die vereniging te registreer om sodoende hulle tellings ook op die sisteem te kry.
Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 15 Junie ‘n skietdag aangebied.
Altesaam 40 lede en ses nie-lede het deelgeneem.
Die uitslae in die onderskeie afdelings is:
Rooibok met rus
Mans: Ampie Cronjé 44.04, Carla Lues 43.04 en Stoffel Bester 42.04.
Vroue: Carla Lues 43.04, Hellen Ellis 40.02 en Elrí Bester 35.01.
Juniors: Carel Bester 30.0.
Penkoppe: Leo Bester 40.04, Henco Duminy 32.02 en Jordaan Griesel 32.00.
Vlakvark
Mans: Callie Duminy 44.05, Lourence Buys 43.03 en Stoffel Bester 40.04.
Vroue: Hellen Ellis 37.02, Carla Lues 33.01 en Annatjie Buys 32.01.
Penkoppe: Machiel Griesel 34.01, Henco Duminy 31.02 en Tiaan Duminy 8.00.
.22 Bankrus
Ope-klas: 1.Neil Grabe 231, Morné Kapp 231, 2.Carla Lues 224, Elrí Bester 224 en 3. Iwan Lues 223.
Vroue: 1. Carla Lues 224, 1. Elrí Bester 224, 2. Annatjie Buys 173 en 3. Hellen Ellis 165. Juniors: 1. Carel Bester 196 en 2. Leo Bester 131.
Haelgeweer Fisant
1. Riaan Rijsbergen 13/15, 1. Iwan Lues 13/15, 2. Lourence Buys 11/15, 2. Jannie Kasselman 11/15 en 3. Nicolaas Kleynhans 10/15. Juniors: Carel Bester 8/15.
Edelvalk het ‘n beroep op ouers gedoen om hul kinders by die vereniging te registreer om sodoende hulle tellings ook op die stelsel te kry.
Die volgende tak-skietdag vind op 13 Julie by die Evert Genis-skietbaan plaas.



