Local sportSport

Secunda se ringbalklub nooi kinders om by ontwikkeling betrokke te raak

Die distrikbestuur het met ontwikkeling in dié sport begin ter voorbereiding vir die komende Nasionale Skole Ringbal-toernooi wat vanaf 22 tot 28 September by Camp Discovery buite Pretoria plaasvind

SECUNDA – Die Gert Sibande Skole Ringbaldistrik wil ringbal onder leerders ontwikkel en die kinders se vaardighede verbeter.

Kinders van skole in die Secunda en omliggende dorpe is welkom om Woensdagaand, 10 Julie om 6nm by Secunda Ringbalklub se bane byeen te kom.

Ouers is welkom om saam te oefen en om sodoende ook betrokke te raak.

Die distrikbestuur het met ontwikkeling in dié sport begin ter voorbereiding vir die komende Nasionale Skole Ringbal-toernooi wat vanaf 22 tot 28 September by Camp Discovery buite Pretoria plaasvind.

Dit is ’n week van pret en plesier waar meer as 90 spanne van verskillende distrikte gaan deelneem.

Alle kinders tussen die ouderdom van agt en 18 jaar kan deelneem.

Mnr Pottie Potgieter, voorsitter van die Gert Sibande Skoledistrik, raai deelnemers aan om gemaklike oefenklere en tekkies te dra.

“Bring ook warm goed saam.”

Die kinders gaan elke Woensdagaand vanaf 6nm oefen.

Vir meer inligting, skakel mnr. Potgieter by 082 573 9182.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button