Local sportSport

Jong ruiters hou beste hoef voor op Bethal

Hoewel dit 'n informele skou was, het elke ruiter hul beste 'hoef' voorgesit om 'n eersteplek te behaal. Volgens die organiseerder, is dit die belangrikste vir hulle om kinders weer hoop te gee en in die buitelug te kry.

BETHAL – Rapha Paddock en Perdry-sentrum het op 29 Junie hul tweede skou by Rapha aangebied.

Jong ruiters het die geleentheid gehad om met perdry-vernuf en hul perde te spog.

Plaaslike uitstallers het produkte vir perd en ruiters verkoop. Ander het kerrie en rys, lekkernye en worsbroodjies verkoop.

Kinders kon gesigverf, boeresport en die springkasteel geniet.

Hoewel dit ‘n informele skou was, het elke ruiter hul beste ‘hoef’ voorgesit om ‘n eersteplek te behaal.

Volgens die organiseerder, is dit die belangrikste vir hulle om kinders weer hoop te gee en in die buitelug te kry.

Vir van dié ruiters was dit ‘n eerste. Ongeag die plek wat behaal is, het elke kind wat deelgeneem het, dit geniet.

Lumé Strydom (4) het reeds begin perdry toe sy drie jaar oud was. Dit is die tweede jaar dat sy deelneem.
Annaleen Erasmus (16) spog met haar Walliese ponie, Arrabelle.

Vir meer fotos volg hierdie skakel:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/141985/rapha-paddock-riding-centre-bied-geleenthede-vir-jong-ruiters/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button