Local sportSport

Nico van den Berg is gereed vir Spaanse Ope

Secunda-stoeier wen Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap en eMba-stoeier eindig tweede

SECUNDA – Stoeiers van Sasol Stoeiklub het op Saterdag, 8 Junie aan die Mpumalanga Stoeivereniging se klubkampioenskap op Ermelo deelgeneem.

Dié kampioenskap het ook as proewe vir die Suid-Afrikaanse Kadet-, Junior-, Senior- en Meesters-stoeikampioenskap gedien.

Stoeiers wat eerste plekke behaal het, is Christiaan Steyn, Pieter Bezuidenhout, Hendrik Nel, Zak Manaia en Tiaan Carelse.

Reagen Meyer, Tyrone Swanepoel, Christiaan Steyn en Carelse het tweede plekke behaal, terwyl Rick Robertson, Swanepoel, Steyn en Carelse ook derde plekke behaal het.

Du-Handre Putter, Liam Swarts en Rei van Niekerk het in die langtermyn- ontwikkelingstoernooi deelgeneem en medaljes vir deelname ontvang.

Sasol Stoeiklub het altesaam 17 plekke behaal en ook 17 inskrywings gehad in dié kampioenskap.

Die stoeiers wat aan die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap wat op Saterdag, 22 Junie op Middelburg plaasgevind het, deelgeneem het, is Johan van den Berg (afrigter), Elma Webb (spanbestuurder), Hennie Bezuidenhout (skeidsregter), Chanell Manaia (mediese beampte), Manie van den Berg (administratiewe beampte) en Lollie van den Berg (loting en toernooisekretaris).

Nico van den Berg het op Saterdag, 22 Junie by die Suid-Afrikaanse Senior Vrystyl- kampioenskap wat ook op Middelburg gehou is, al sy gevegte gewen en ‘n goue medalje in die Senior Vrystyl 61kg-afdeling verower.

Hy het hiermee ook sy Suid-Afrikaanse seniorkleure ontvang.

Dié kampioenskap was deel van Van den Berg se voorbereiding vir die Spaanse Ope- stoeikampioenskap wat vanaf 5 tot 7 Julie in Madrid in Spanje plaasvind.

Lucas Ngwenya van eMbalenhle Stoeiklub het tweede geëindig.

Verskeie stoeiers van Sasol Stoeiklub het aan die Pumatjie-stoeikampioenskap deelgeneem en algeheel ‘n tweede plek vir die wisseltrofee ontvang vir die klub met die beste kreet, kleredrag en samewerking.

Die stoeiers wat presteer het, is (voor) Logan Fourie. In die eerste ry is Brussow Francke, Rei van Niekerk, Reagen Meyer, Rick Robertson en Tyrone Swanepoel. In die tweede ry is Sarah-Ann Francke, Pieter Bezuidenhout, Benji Oosthuysen, Stephanie van Vuuren (skeidsregter), Lyndon Fourie, Tiaan Carelse en Hendrik Nel. Agter is mnr. Michael Frnacke (afrigter), Nico van den Berg (stoeier en afrigter), mnr. Johan van den Berg (afrigter en klubpresident) en me. Erika Meyer (spanbestuurder).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button