Local sportSport

Van Rooyens van Meyerville knus in die saal

“Dis ’n lekker soort bang wat jou amper bly maak,” het Ellen gesê.

Ma en dogter van die Van Rooyen-huisgesin het agt perde waarvan een op stal by die Standerton Skouterrein staan.

Ellen en Neeliën het nie doekies omgedraai oor hulle liefde vir dié diere nie en maak geen fout nie, Neeliën se hart is gesteel.

Tiny, die Percheron, se naam doen hom nie gestand nie, maar in elk geval, dié perd is nou ter sprake.

“Sy sê altyd hy het die mooiste gespierde rug, die saggeaardste oë en mooiste bene, al vier van hulle,” het Ellen verklap.

Tiny daag gereeld by kinderpartytjies op as die mitiese ‘unicorn’ en hou sy lyf model by fotosessies.

Neeliën, wat met ‘n Mej. Fotogenies-titel van 2011 spog, is van kleuterskooldae al op ‘n perd se rug en Ellen het haar eerste Shetland-ponie op tweejarige ouderdom gekry.

Ellen het haar aanvanklik touwys gemaak, hoewel dit net die ‘basics’ was en nou kry haar dogter een maal ‘n week les.

Verkieslik vroegoggend en laatmiddag sal hulle nie ongeneë wees om op te saal nie.

Die keuse was ietwat moeilik vir die gr. 9-leerder van Hoërskool Standerton wat betref haar belangstelling, tog het Neeliën uiteindelik op saalperde besluit.

Kiertsregop, uitgevat in ‘Kentucky’-mondering, durf sy dan met ‘Splendiddior No Nonsense’ die skouring aan waar die spesiale band tussen mens en dier hegter word.

Of hulle al ooit bang geword het op die rug van ‘n perd, het gemengde reaksie uitgelok.

“Dis ‘n lekker soort bang wat jou amper bly maak,” het Ellen gesê.

Wat betref die koste verbonde aan hulle diere, is met die sak patats voorendag gekom.

“Jy koop die perd en dis waar die goedkoop gedeelte eindig,” aldus Ellen.

Neeliën het ‘n tuigkamer aan’t huis vir die toebehore asook bykomstighede en Meyerville se mense maak gereeld ‘n draai om hulle perde te kom bederf.

Die Van Rooyens het onomwonde hul standpunt oor perderesies gestel.

Kom die July met sy modes, afrigters, jokkies, of enige ander derby, sal die afstandbeheer vir die televisie haastig oorgeskakel word.

“Daar gaan dit oor mense en geld.

“Die perde se knieë en gewrigte ly daaronder.”

As diereliefhebbers het ma Ellen sommer gesê die lekkerste deel van perdry is die dier se reuk.

Hoes daai vir aromaterapie?

Tiny en sy ruiters Neeliën en Ellen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button