Nico van den Berg mis medalje net-net by Spaanse Ope
Jong stoeier woon oefenkamp in Spanje by
SECUNDA – Nico van den Berg van Sasol Stoeiklub het vierde geëindig by die Spaanse Ope-stoeikampioenskap wat vanaf 5 tot 7 Julie in Madrid, Spanje plaasgevind het.
Hy het in die 61kg Vrystylafdeling teen ses ander stoeiers meegeding.
Van den Berg het vanaf Maandag, 8 Julie tot Vrydag, 12 Julie saam met die res van die Suid-Afrikaanse seniorstoeispan aan ‘n internasionale oefenkamp in Madrid deelgeneem.
Stoeiers van al die lande wat aan die Spaanse Ope-stoeikampioenskap deelgeneem het, het ook aan die oefenkamp deelgeneem.
Mnr. Johan van den Berg, afrigter by Sasol Stoeiklub, het gesê die klub sien uit na Nico se terugkoms sodat hy hulle kan wys wat hy geleer het.
Van Sasol Stoeiklub se skeidsregters, afrigters, spanbestuurders en administrasie-beamptes, het op Saterdag, 13 Julie ‘n Mpumalanga-kursus op Komatiepoort bygewoon.



