Local sportSport

Gerrit Coetzee wen Hinterland IPS-gholfdag

By die juniors was RJ Kinnear eerste, Benco Breytenbach tweede, Niaan Starbuck derde en Henré Kinnear vierde.

Gerrit Coetzee het stof in sy teenstanders se oë op 20 Julie geskop met ‘n sege van 39 punte by Hinterland se geborgde IPS-gholfdag by die Standerton Buiteklub.

Pieter Bester het met 38 punte die tweede plek behaal, gevolg deur Alex Pieterse (jr.) met 36 punte.

Werner Mouton se 36 punte, asook Aldo Arnaldi se 36 punte, het hul onderskeidelik vierde en vyfde laat eindig.

By die juniors was RJ Kinnear eerste, Benco Breytenbach tweede, Niaan Starbuck derde en Henré Kinnear vierde.

Herman Mynhardt was naaste aan die pen op 2/11, Deon Grimsell naaste aan die pen op 8/17 en Alex Pieterse naaste vir 2 op 9/18.

Ronel Starbuck het die langste dryf gespeel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button