Local sportSport

Bethal 1 klop Ermelo 2, maar Ermelo se eerstes klop Bethal se tweedes

Die Bethallers se tweedespan het in die voorwedstryd teen Ermelo se eerstes met 17-24 verloor.

BETHAL – Bethal se eerstespan het op Saterdag, 3 Augustus, die sterk tweedespan van Ermelo in ‘n skouspel-wedstryd op eie bodem met 38-34 geklop.

Die wedstryd het skaars afgeskop of die Bethallers het die kwart- en doelgebied van Ermelo beset.

Verskeie pogings om deur Ermelo se verdediging te breek was uiteindelik beloon toe Bethal se losskakel, Gert Pieterse, die bal opgeraap, ‘n effense draai gehardloop het en toe bo-oor ‘n teenstander gebokspring het voordat hy die bal na linkervleuel Eben Jonker aangegee het om ‘n drie in die hoek te gaan druk.

Bethal se skopvoet, Marcel Human op binnesenter, het nie in die verdoeling geslaag nie en die punte was 5-0 in Bethal se guns.

Ermelo se agsteman, Markus Mostert, het hierop geantwoord met ‘n drie naby die pale wat maklik deur losskakel Johan Naudé verdoel is.

‘n Gevaarlike plettervat waar ‘n Bethaller ‘n Ermelo-speler omgerol (tip tackle) het, het tot ‘n strafdoel vir Ermelo gelei waarop die puntestand toe 10-5 in Ermelo se guns was.

Berhal se Hannes Burger lyk of hy kulkunstoertjies op ’n Ermelo-speler toepas.

Bethal was teen hierdie tyd onder druk, juis omdat daar kort-kort in hul doelgebied inbeweeg is.

Ruhan Stander, Ermelo se agterspeler het hier die bal uit die losgemaal gevang en ‘n drie tussen die pale gedruk het. Naudé het dit gemaklik verdoel en die punte na 17-5 opgestoot.

Pieterse het kort hierna weer vir Bethal ‘n drie gedruk wat deur Human verdoel is. Ermelo het toe 17-12 voorgeloop.

Ermelo se agsteman het bewys hy kan nie gestuit word nie en het weer vir ‘n drie oorgeval. Naudé het met die verdoelskop egter die bal teen die pale vasgeskop. Die telling was 22-12.

In dié tyd het die skeidsregter Bethal se toekantflank met ‘n geelkaart van die veld gestuur omdat hy die fluitjieblaser gevloek het.

Bethal se plaasvervanger, Donovan Marx, het die orde gou herstel deur ‘n blitsige drie reg onder die pale te gaan plant wat deur Human verdoel is. Dit het die telbord na 22-19 opgestoot.

Bethal se blitsige binnesenter, Marcel Human, maak ’n briljante lopie na die doellyn.

Die euforie het vinnig afgewater toe Ermelo-haker, Brandon du Plessis die bal byna laat val het, maar weer beheer daaroor gekry en reguit pale toe gehardloop het. Dié drie is verdoel en Ermelo se punte het weer gestyg na 29-19.

Die wedstryd het behoorlik gewipplank. Die laaste drie in die eerste helfte is deur Bethal se Human behaal.

Hy het die bal Ermelo se kwartlyn ontvang en doellyn toe genael waar hy dit onder die pale gedruk het. Hy het self die drie verdoel.

Die rustydtelling was 29-26 in Ermelo se guns.

Bethal was weer ‘n voltal in die tweede helfte en het albei spanne ewe sterk vertoon. Bethal se heelagter, Steve Botha, het egter die kans benut toe die bal in Ermelo se kwartgebied in die rigting van die pale gerol het. Hy het die bal agterna gesit, opgeraap en agter die pale gaan plant.

Human het die drie verdoel en verseker dat Bethal met 33-29 uiteindelik weer voorgeloop het.

Die Bethallers het hierna verskeie aanvalle in hul doelgebied afgeweer en die agterry het goed saamgewerk om die bal by hul binnesenter te kry.

Human het in ‘n briljante lopie op die doellyn afgepyl en ‘n onverdoelde drie gedruk. Die puntetelling was toe 38-29 in Bethal se guns.

Ermelo het met ‘n laaste aanval vir skrumskakel Wentzel Sonnekus na die doellyn gestuur.

Die eindtelling was 38-34 in Bethal se guns.

Bethal het Gert Pieterse as die agterspeler van die wedstryd, en Riaan Jonker as die voorspeler, aangewys.

Die Bethallers se tweedespan het in die voorwedstryd teen Ermelo se eerstes met 17-24 verloor.

Meer fotos:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/143627/galery-bethal-en-ermelo-pak-mekaar-op-rugbyveld/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button