Casper Roux teken beste gross van 75 aan
Altesaam 32 gholfspelers het mekaar die stryd aangesê.
Casper Roux het die beste gross van 75 op 3 Augustus tydens die maandelikse beker by die Standerton Buiteklub aangeteken met Aldo Arnaldi wat onoorwonne in die A-afdeling was.
Altesaam 32 gholfspelers het mekaar die stryd aangesê.
Roux het tweede in die A-afdeling geëindig.
Nico Lombard het in die B-afdeling geseëvier, gevolg deur Attie Mouton en Nic Momberg het die C-afdeling beklink, terwyl Alex Pieterse (sr.) tweede was.
In die vroue-afdeling het Patrizia Lombard die septer geswaai en Heinrich Burger was eerste in die juniorafdeling.
Arnaldi, Deon Grimsell en Alex Pieterse (jr.) het elk ’n spog-twee aangeteken.
Stephen Nortjé het die ‘mystery birdie’ gewen.



