Edelvalk-skuts mik na tabelle by Evert Genis se skietbaan
46 lede en drie besoekers het na die verskillende tabelle aangelê.
Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 10 Augustus ‘n skietkompetisie by die Evert Genis-skietbaan aangebied.
Altesaam 46 lede en drie besoekers het tydens die kompetisie na die verskillende tabelle aangelê.
Die uitslae is:
Rooibok sonder rus: Stoffel Bester 45.06, Jaco Booysen 42.02, Driaan Podges 42.02.
Vroue: Carla Lues 34.03, Hellen Ellis 33.01, Elandi Booysen 23.00.
Juniors: Elandi Booysen 23.00, Jaco Booysen 14.00.
Buffel: Johan Geldenhuys 26, Iwan Lues 25, Jaco Booysen 24.
Vroue: Helen Ellis 21, Annatjie Buys 5.
.22 Bankrus: Jako Steenkamp 240, Riaan Booysen 233, Stoffel Bester 225.
Vroue: Carla Lues 217, Annatjie Buys 201, Elandi Booysen 197.
Juniors: Jaco Booysen 207, Elandi Booysen 197, Marnus Booysen 171.
Penkoppe – Windbuks: Marnus Booysen 175.
Haelgeweer-Fisant: Iwan Lues 13/15, Evert Genis 12/15, Stoffel Bester 12/15.
Dié tak se A- en B-span sal op 17 Augustus by ‘n intertakspanskiet by Meerkatgat, Bloemfontein meeding.
Dit is ‘n landwye kompetisie wat deur die SAJWV aangebied word.
‘n Beroep is op ouers gedoen om hulle kinders by die vereniging te registreer om sodoende hulle tellings ook op die stelsel kry.
Meer fotos beskikbaar:
https://standertonadvertiser.co.za/95227/galery-skuts-van-edelvalk-tak-le-aan-die-afgelope-naweek-na-verskeie-tabelle/



