Ondersteun sportdag by Secunda Action Sports-sentrum
Twee jong hokkiespelers benodig geld vir toer na Nederland
SECUNDA – Secunda Action Sports-sentrum bied op Saterdag, 31 Augustus, ‘n binnenshuise netbal- en hokkiedag aan om geld in te samel vir twee leerders van Laerskool Goedehoop. Dié dogters is gekies om op ‘n hokkietoer na Nederland te gaan.
Amelia Brummer en Jenny van Blerk is die kans gegun deur Vision Sport om in Desember aan die streekhokkietoer deel te neem.
Dié jong hokkiespelers sal aan streekwedstryde, asook hokkieklubwedstryde in Nederland deelneem.
Professionele afrigters gaan die spelers touwys maak en vaardighede leer.
Albei leerders blink uit op die sportveld en op kultuurgebied.
Die toer vind vanaf 3 tot 14 Desember plaas en kos sowat R40 000 per leerder.
Die leerders moet aan die einde van Augustus die volgende paaiement vir die toer betaal.
Die netbal- en hokkiedag by Secunda Action Sports-sentrum maak op 28 Augustus toe vir inskrywings.
Dit kos R150 per speler of R1 050 per span vir die hokkie en R150 per speler of R900 per span vir die hokkie.
Vroue, gemengde, korporatiewe, skole en enige ander netbal- en hokkiespanne kan inskryf.
Vir meer inligting, skakel me. Mariska Lubbe by 082 851 1797 of stuur ‘n e-pos na mariska@actionsports.co.za.




