Local sportSport

Stoeiers vaar goed by Johnnie Reitz Ope-kampioenskap

Die klub is veral trots op hul sterk dogterstoeier, Sarah-Ann Francke wie 'n silwermedalje in die afdeling vir vroue 0/10-jaar verwerf het.

SECUNDA – Sasol Stoeiklub het verskeie medaljes op die Noord-Gauteng Stoeivereniging se Johnnie Reitz Ope-kampioenskap verower.

DiƩ toernooi is op 3 Augustus by die Universiteit van Pretoria aangebied.

Brussow Francke het aan die Lang Termyn-ontwikkelingstoernooi in die 0/7-afdeling deelgeneem en al sy wedstryde gewen.

Hy het ‘n deelnemersmedalje ontvang.

Tiaan Carelse het ‘n goue medalje in die 0/13-ouderdomsgroep in die Grieks-Romeinse afdeling verower.

Hy het ook ‘n silwermedalje vir vrystyl- en die president skolevrystyl-afdelings verwerf.

Die klub is veral trots op hul sterk dogterstoeier, Sarah-Ann Francke wie ‘n silwermedalje in die afdeling vir vroue 0/10-jaar verwerf het.

Die ander silwermedalje-wenners is Pieter Bezuidenhout vir 0/9-vrystyl en Rick Robertson in die president skolevrystyl-afdeling.

Zack Manaia het in die president skolevrystyl-afdeling en Nico van den Berg in die senior vrystyl-afdeling bronsmedaljes verwerf.

Van den Berg het ook op die toernooi as skeidsregter opgetree. Mnr. Michael Francke was die afrigter, me. Anske Steyn die spanbestuurder en me. Lollie van den Berg die administratiewe beampte (loting).

Sasol Stoeiklub se atlete neem weer op 24 Augustus in Nelspruit aan die Mpumalanga Pumatjietoernooi en die Mpumalanga Ouderdomskampioenskap deel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button