Uithouwedren by Ararat verg deursettingsvermoë
Deelnemers het meegeding in vyf rondes van 26km elk waar klippe, gras, modder en ’n rivier trotseer moes word.
Ararat-plaas op die Vrede-pad was onlangs die toneel van brullende motorfietsenjins, stofdwarrels en begeesterde ryers.
Altesaam 67 ryers, amateur en professioneel, het vir die uithouwedren ingeskryf en in die skoolklas het 50 ryers deelgeneem.
Volgens die organiseerder, mnr. André Jordaan, was dit ‘n sukses met geen beserings wat aangemeld is nie.
“Ons beplan weer ‘n wedren teen die einde van die jaar,” het hy gesê.
Deelnemers het meegeding in vyf rondes van 26km elk waar klippe, gras, modder en ‘n rivier trotseer moes word.
“Die sweet het hulle teen die einde afgetap, so gedaan was hulle,” het hy bygevoeg.
Die eerste en tweede plekke in die pro-afdeling het slegs met ‘n sekonde verskil.
Die uitslae in die onderskeie afdelings is:
• Pro’s – Jannie Potgieter
• Ope – Hennie Oosthuizen
• Meesters – Rudi Pretorius
• Skoolklas – Werner Naudé
• “Pro-quads” – Stefan Oosthuizen
• “Adventure” – Stephan Strydom
• “Novice Quads” – Chris van der Bank
• “Junior Quads” – Megan Steyn
• Klein Kindertjies – Lourens de Wet




