Local sportSport

Bethal se Little Bears skitter op die krietveld

Bethal Little Bears 0/11-span het dieselfde dag met die span van eMbalenhle afgereken het hulle met ’n kolfbeurt en ’n yslike 110 lopies geklop

BETHAL – Die Bethal Little Bears se 0/11- en 0/13-krieketspanne het die afgelope naweek die lopies ingeryg en die paaltjies laat kantel.

Die Bethal Little Bears se 0/13-span het op Saterdag, 24 Augustus Standerton se span met 19 lopies geklop.

Die wedstryd is in Standerton beslis. Bethal het eerste gekolf en 209 lopies aangeteken voor almal uitgeboul is.

Hul uithaler-kolwers was Damian de Beer met 57 lopies, Pieter Viljoen met 39 lopies, Tokkie Buhale met 28 lopies en Ulrich Badenhorst met 18 lopies.

Standerton het hierna ingegaan om te kolf, maar is vir slegs 190 lopies uitgeboul.

Die Little Bears spelers wat uitgeblink het met bal, is Sabelo Mahlangu met vier paaltjies vir 11 lopies in drie beurte, Joshua Pillay met vier paaltjies vir 40 lopies in nege boulbeurte en Kegan Berry met twee paaltjies vir 10 lopies in drie beurte.

Bethal Little Bears 0/11-span het dieselfde dag met die span van eMbalenhle afgereken het hulle met ‘n kolfbeurt en ‘n yslike 110 lopies geklop.

Dié wedstryd is op Laerskool HM Swart se krieketveld in Bethal beslis. eMba het eerste gekolf en in hul eerste beurt slegs 89 lopies aangeteken.

Little Bears se beste boulers was Nijan Swart met drie paaltjies vir agt lopies in drie boulbeurte, Ruan Ludwig met twee paaltjies vir 13 lopies in drie boulbeurte en Jermaine Nagan met twee paaltjies vir 17 lopies in boulbeurte.

Die Little Bears se kolwers het in hul eerste kolfbeurt gedomineer en 275 lopies aangeteken. Nijan Swart het ook met die kolf geskitter en 109 lopies aangeteken.

Hy is goed bygestaan deur Wihan Fourie met 49 lopies en Ethan Pillay met 22 lopies.

eMba is in die tweede beurt vir ‘n skrale 77 lopies uitgeboender. Little Bears se beste boulers is Emmerich Fourie (twee paaltjies), Janic Swart en Regard Jansen van Rensburg (een paaltjie elk).

Bethal Little Bears se 0/11-span.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button