Local sportSport

Houtkappertak maak jong skuts betrokke

Leerders van Laerskole Standerton, Secunda, Trichardt, Goedehoop en Kruinpark en Hoërskool Secunda het deelgeneem.

Junior skuts het Saterdag, 24 Augustus op die Koos Kruger skietbaan hul korrel in die kol met ‘n pretskietdag gekry.

Die doel van dié skietdag, wat deur die plaaslike Houtkappertak van die Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging aangebied is, is om skiet as sport onder die jeug te bevorder.

Kinders so jonk as vier- en vyf- jaar het ook deelgeneem.

Die eerste drie skuts wat ‘n plek behaal het, het pryse ontvang.

Leerders van Laerskole Standerton, Secunda, Trichardt, Goedehoop en Kruinpark en Hoërskool Secunda het deelgeneem.

Veiligheid is baie belangrik en daarom moes elke skut die regte beskerming dra.

Die wenner in die windbuks-afdeling is Annika Le Roux van Laerskool Secunda, J. Kruger in die tweedeplek van Laerskool Secunda en derde, Janco Botha van Laerskool Trichardt.

In die .22 randslag-afdeling is E. Ellis van Hoërskool Secunda die wenner met I. Smith van Laerskool Goedehoop in die tweede plek en J. Kruger van Laerskool Secunda, derde.

Janco Botha (5) van Laerskool Trichardt is miskien die kleinste skut, maar het nie teruggestaan nie. Hy stap met ’n derde plek weg.
Vierjarige Mathys Wolhuter van Secunda, is die jongste skut by dié skietdag.
Dié jong skuts wat deelgeneem het is baie opgewonde oor die dag.
AJ Skoonhoven (10) van Standerton wys na watter kol hy gemik het.
Annika le Roux (8) wys na haar teiken op die Koos Kruger Skietbaan.
AJ Skoonhoven (10) bekyk sy teiken saam met sy afrigter.
Annika le Roux (8) bestudeer haar teiken saam met haar afrigter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button