Standerton Krieketklub kies nuwe komitee
Die vorige komitee is vir hul harde werk en insette, wat nie ongesiens verbygegaan het nie, bedank.
Standerton Krieketklub het onlangs hul algemene jaarvergadering by die Standerton Buiteklub gehou en ‘n nuwe komitee verkies.
“Dit was ‘n positiewe byeenkoms met terugvoer oor die vorige seisoen,” het mnr. Werner Mouton gesĂȘ.
Die vorige komitee is vir hul harde werk en insette, wat nie ongesiens verbygegaan het nie, bedank.
Mnre. Louis Bibbey is as voorsitter verkies, Ricus van der Hoven as ondervoorsitter, Jacques Smit as sekretaris en Kai Daniel as tesourier.
Werner Mouton voer die span aan en Jan Dirk van Dyk doen diens as onderkaptein.
Heino Gouws is as die ‘groundsman’ verkies, Xander Roux as die verteenwoordiger van die ‘Academy’ en Gary van Aswegen as die bemarkings- en mediaskakelbeampte.



