Secunda stoeirs ryg medaljes in by kampioenskap
Belangstellendes kan by stoeiklub aansluit
SECUNDA – Sasol Stoeiklub het op Saterdag, 24 Augustus ‘n wisseltrofee vir die tweede plek by die Mpumalanga Stoeivereniging se vierde Pumatjie-stoeitoernooi in Mbombela (Nelspruit) verower.
Dié trofee het gegaan aan die span met die beste kreet, kleredrag en spangees.
Die Pumatjie-stoeiers van die Sasol Stoeiklub wat aan dié toernooi deelgeneem het, is De Wet du Plessis, Antoine Duvuvier, Janlu Lourens, Du Toit Malan, Adriaan Odendaal, Rick Robertson, Heinrich Smith, Hendrico Smith, Gareth Smith, Tinus Steyn, Liam Swarts, Zané van Rensburg, Jake Voigt en Herco Westerman.
Al die stoeiers het skilde met hul volgende knopies op, vir deelname aan die toernooi ontvang.
Die bestuur van Sasol Stoeiklub het me. Anske Steyn en haar helpers vir al die werk en tyd wat hulle met die jong stoeiertjies ingesit het, bedank.
Die Mpumalanga Ouderdoms-stoeikampioenskap het ook op dié dag plaasgevind en verskeie stoeiers het eerste plekke losgestoei.
Die stoeiers wat presteer het, is Rick Robertson (‘n eerste plek en ‘n derde plek), Pieter Bezuidenout (eerste plek), Jordan Webb (drie eerste plekke), Tiaan Carelse (twee eerste plekke en ‘n tweede plek), Nico van den Berg (twee eerste plekke), Christiaan Steyn (tweede plek en ‘n derde plek), Zander Scheepers (tweede plek en twee derde plekke), Reagen Meyer (‘n derde plek), Dwane van Niekerk (derde plek).
Sasol Stoeiklub het 21 eerste, tweede en derde plekke vanuit 22 inskrywings behaal. Die stoeiers wat in die langtermyn-ontwikkelingsafdeling deelgeneem het, is Brussow Francke en Liam Swarts. Die amptenare van Sasol Stoeiklub wat by die toernooi gewerk het, is mnre. Maraloe Swarts en Gerhardt Oelofse (mediese beampte en skeidsregters), mnre. Michael Francke, Johan van den Berg en Nico van den Berg (afrigters), me. Anske Steyn en me. Elsa Webb (spanbestuurders), en mnr. Manie van den Berg, me. Irene Schutte en me. Lollie van den Berg (administratiewe beamptes).
Die president van Sasol Stoeiklub, mnr. Johan van den Berg, is trots op die stoeiers en het al die ampsdraers vir hulle werk by die toernooi bedank.
Sasol Stoeiklub se stoeiers berei tans vir die proewe van die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap voor.
Die lede van Sasol Stoeiklub oefen op Maandag en Woensdag om 6nm by die Sasol Ontspanningsklub.
Vir meer inligting, skakel mnr. Van den Berg by 082 322 9893.




