Groot pryse te wen by Jim van Tonderskool se gholfdag
Ondernemings kan putjies borg en sodoende volgens hul eie behoeftes, standaarde en riglyne hul onderneming bemark.
BETHAL – Jim van Tonderskool bied hul jaarlikse gholfdag op Saterdag, 5 Oktober by Bethal-gholfklub aan.
Soos altyd is daar groot pryse te wen.
Die doel van die dag is om geld in te samel om ten einde skoolgeld tot ‘n minimum te beperk.
Ondernemings kan putjies borg en sodoende volgens hul eie behoeftes, standaarde en riglyne hul onderneming bemark.
Kostes vir putjieborge:
Bof een en setperk – R5 000 elk en bof twee tot agt – R2 000 elk.
Enigeen wat belangstel om pryse te borg, kan kontant of bemarkingsitems skenk.
Nog geen hoofborg is aangewys nie en sou jy belangstel, skakel die organiseerder, me. Talitha Calitz.
‘n Vierbal is teen R1 500 beskikbaar wat oggend-, middag- en aandete insluit.Slegs 24 gholfkarretjies is teen R500 elk beskikbaar.
“Jou ondersteuning met hierdie inisiatief sal waardeer word. Hierdie wyse van geldsinsamel en jou heelhartige ondersteuning daarvan, is noodsaaklik vir die groot
onderrigtaak aan die matig leergestremde leerlinge van ons skool,” het me. Madelein Kruger, hoof van Jim van Tonderskool gesê.
Vir navrae oor die tydtafel, skakel Maggie by 017 647 5987 en vir algemene navrae skakel me. Calitz by 017 647 5987.



