Posduifklub se wedvlugduiwe vlieg vanaf Douglas en Rietrivier huis toe
Eienaars van duiwe is trots op goeie prestasies
SECUNDA – Lede van die Sasol Posduifklub se wedvlugduiwe het op Saterdag, 17 Augustus vanaf Rietrivier huis toe gevlieg en een van Buks Snyman se duiwe het die jaaroud-afdeling gewen.
Britz & Hayward-span se duiwe het ook presteer en tweede, vierde en vyfde plekke losgevlieg, terwyl een van die Viljoen-gesin se duiwe derde geëindig het en een van Koekemoer Lofts se duiwe sesde.
Die Kinders van die Wind-span se duiwe het sewende en agtste plekke behaal terwyl een van die Kraftt-gesin se duiwe negende geëindig het en ‘n Boeta Homan duif, 10de.
In die ope-afdeling het ‘n Britz & Hayward-span-duif die vinnigste huis toe gevlieg terwyl hul ander duiwe vierde en vyfde plekke losgevlieg het.
Buks Snyman se duiwe het ook goed gevaar en tweede en 10de geëindig.

Een van die Viljoen-gesin se duiwe het derde geëindig, terwyl ‘n duif van Frik Stander ‘n sesde plek losgevlieg het, een van Eiber & Neethling-span se duiwe ‘n sewende plek en Homan se duiwe agtste en negende plekke.
Die Viljoen-gesin se duiwe het tydens die Sasol Posduifklub se wedvlug op Saterdag, 24 Augustus vanaf Douglas weer eens presteer en die ope 1- en 2-afdelings gewen.
Britz & Hayward-span se duiwe het tweede en vyfde plekke losgevlieg terwyl ‘n Koekemoer Lofts-duif derde geëindig het en een van Frik Stander se duiwe vierde.
Boeta Homan se duiwe het ook goed gevaar in die ope 1-afdeling en sesde, sewende, agtste en negende plekke losgevlieg. ‘n Duif van Eiber Neethling-span het 10de geëindig.
Die Viljoen-span se ander duiwe het in die ope 2-afdeling ook skoonskip gemaak en tweede en derde plekke losgevlieg terwyl een van die Kinders van die Wind-span se duiwe vierde geëindig het en Boeta Homan se duiwe vyfde en sesde plekke behaal het.
‘n Selection Loft-duif het sewende geëindig terwyl een van Frik Stander agtste geëindig het, ‘n Buks Snyman-duif negende en een van Britz & Hayward-span se duiwe 10de.




