Local sportSport

Edelvalk-skuts korrel en haal oor by skietbaan

In die vroue-afdeling was Carla Lues met 42.03 eerste, terwyl Hellen Ellis met 33.02 en Annatjie Buys met 33.01 onderskeidelik tweede en derde was.

Die Edelvlak-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 7 September ‘n skietdag by die Evert Genis-skietbaan aangebied.

In die rooibok met rus-tabel het Stoffel Bester met 44.07 eerste geëindig, gevolg deur Iwan Lues met 44.05 en Michael Podges met 44.04. In die vroue-afdeling was Carla Lues met 42.03 eerste, terwyl Hellen Ellis met 33.02 en Annatjie Buys met 33.01 onderskeidelik tweede en derde was.

Elandi Booysen het die eerste plek in die juniorafdeling met 39.01 behaal, met Jaco Booysen wat met 36.00 die tweede plek behaal het. Jako Steenkamp se 200.01 het aan hom die eerste plek in die jag-handwapen-tabel besorg, gevolg deur Jaco Booysen met 100.01 en Stoffel Bester met 90.01.

JC Schoeman en Jaco Booysen maak gereed op Saterdag 7 September by die Evert Genis-skietbaan om na die tabel te skiet. (Foto: Verskaf)

In die .22 posliga het Stoffel Bester eerste met 135 geëindig, terwyl Jaco Booysen met 129 tweede en JC Schoeman met 127 derde was. In die vroue-afdeling was Annatjie Buys met 78 eerste, terwyl die juniorafdeling gewen is deur Jaco Booysen met 90, gevolg deur Elandi Booysen met 88.

Lourens Buys het in die haelgeweer-afdeling die eerste plek met 17 behaal, terwyl Jako Steenkamp met 15 en Stoffel Bester met 13 onderskeidelik tweede en derde was. Die volgende kompetisie sal op 12 Oktober plaasvind.

Evert Genis hou die visier op Saterdag 7 September in die oog. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button