Local sportSport

Little Bears laat die kolwe klap

Little Bears se 0/11- en 0/13 spanne het onderskeidelik, op Saterdag, 14 September teen JR Akademie van Piet Retief en Standerton Elite-akademie op Hoërskool Hoogenhout se velde gespeel.

BETHAL – Little Bears se 0/11- en 0/13-spanne het op Saterdag, 14 September, onderskeidelik teen JR Akademie van Piet Retief en Standerton Elite-akademie op Hoërskool Hoogenhout se velde gespeel.

Die 0/13-span het hul wedstryd met 148 lopies gewen.

Pieter Viljoen het met die kolf in hand geskitter en vir 101 lopies op die telbord gesorg.

Sy spanmaats en afrigters het hom toegejuig nadat hy sy 100-tal lopies aangeteken het.

Little Bears 0/13-boulers wat goed presteer het, was Heindrich du Plessis, Keegan Berry en Ruben Pelser.

Die 0/11-span het hul wedstryd in die eerste beurt met 110 lopies gewen.

Nijan Swart het goed gekolf en 54 lopies aangeteken.

Hy is goed bygestaan deur Regard Jansen van Rensburg met 43 lopies.

Die 0/11-span se beste boulers was Wihan Fourie, Nijan Swart en Logan Schutte.

Juandré Brazelle wat net agt jaar oud is, het uitgestaan as paaltjiewagter.

Ruan Rafferty het ‘n merkwaardige vangskoot gevat.

Little Bears spog met agt spelers wat tydens die Mpumalanga-krieketproewe vir die Mpumalanga Rhinos-span gekies is.

Hulle is Nijan Swart en Ethan Pillay vir die 0/10-span, Ruan Ludwig, Regard Jansen van Rensburg en Jermaine Nagan vir die 0/11-span en Damian de Beer vir die 0/12-span.

Thokozani Bahule en Joshua Pillay is vir die 0/13-span gekies.

Hulle sal aan hul onderskeie nasionaleweke deelneem.

https://www.citizen.co.za/ridge-times/145586/galery-bethal-little-bears-blink-behoorlik-uit/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button