Hengelaars trotseer koue by Grootdraaidam
In die vroue-afdeling het Nicolene Kuhn die septer geswaai met ses visse van 6,34kg.
Standerton en Distrik Hengelklub het op 7 September ‘n klubkompetisie by Grootdraaidam aangebied waar slegs nege hengelaars kans vir die skielike koue gesien het.
“Elke hengelaar moes alles uithaal om ‘n vis aan die hoek te kry,” het Louis Fourie, klubvoorsitter, gesê.
In die seniorafdeling het Richard Hills met 10 visse van 9,69kg eerste geëindig, terwyl Morné Kuhn met vyf visse van 5,98kg tweede was en Morné Ludick met vyf visse van 5,19kg derde was.
In die vroue-afdeling het Nicolene Kuhn die septer geswaai met ses visse van 6,34kg.
Morné Kuhn (jr.) het die 0/19-juniorafdeling verower met agt visse van 3,38kg.
Daar was geen inskrywings vir die 0/13-junior- en junior-supersnuiterafdeling nie.
Kuhn (sr.) het die swaarste kleinbekgeelvis (0,81kg) vasgekap en Hills die swaarste karp (2,79kg).



