Nico en Tiaan eindig eerste in streekstoeikampioenskap
Mpumalanga stoeiers vaar goed in KwaZulu-Natal
SECUNDA – Verskeie stoeiers van Sasol Stoeiklub wat ook deel is van die Mpumalanga-stoeispan, het op 7 September aan die Kwavuluma Streek-stoeikampioenskap in KwaZulu-Natal deelgeneem en presteer.
Stoeiers van Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Oos-Gauteng het kragte gemeet. Nico van den Berg, stoeier en afrigter, het eerste plekke in die Vrystyl- en Grieks-Romeinse afdelings losgestoei.
Tiaan Carelse het ‘n eerste plek in die 0/15 Vrystyl-afdeling en ‘n tweede plek in die Grieks-Romeinse afdeling losgestoei.
Jordan Webb het tweede in die 0/15 Grieks-Romeinse afdeling geëindig en vierde in die Vrystyl-afdeling, terwyl Zander Scheepers vierde in die 0/15 Vrystyl-afdeling geëindig het.
Zak Manaia het vyfde in die 0/11-afdeling geëindig en Brussöw Francke het ‘n medalje vir deelname in die 0/8 langtermyn-ontwikkelingsafdeling ontvang.




