Local sportSport

Hoëveld se spelers neem deel aan interdistrikte rolbaltoernooi

Die mans het op die bane van die Secunda Sasolklub sake uitgespook terwyl die vroue die stryd in Ermelo gevoer het.

SECUNDA – Die Hoëveld-distrik het die naweek die mini-interdistrikte rolbaltoernooi aangebied.

Die mans het op die bane van die Secunda Sasolklub sake uitgespook, terwyl die vroue die stryd op Ermelo gevoer het.

Die mini-interdistrikte bestaan uit die spanne van die Laeveld, Hoëveld en Sentraal.

’n Span van Hoëveld wens mekaar geluk met ’n goeie pot.

Secunda, Standerton en Ermelo se spelers is deel van die Hoëveld-span.

Sentraal het die mans ope-kompetisie met 26 punte gewen.

Hoëveld was tweede met 21 punte, Laeveld A was derde met 10 punte en Laeveld B was vierde met 10 punte.

Die veterane mans van Laeveld A het hul afdeling met 25 gewen. Sentraal was tweede met 22 punte, Hoëveld was derde met 13 punte en Laeveld B vierde met 12 punte.

Annette van Rooyen rol die bal by die vroue se veterane-kompetisie op Ermelo.

Die vroue se ope-kompetisie is deur Laeveld A met 34 gewen. Sentraal was tweede met 19 punte, Hoëveld derde met 13 en Laeveld B vierde met ses punte.

Die vroue-veterane van Sentraal het hul afdeling met 27 punte gewen.

Laeveld B was tweede met 17 punte, Laeveld A het ook 17 punte aangeteken en derde geëindig en Hoëveld was vierde met 11 punte.

Elke distrik het vier spanne van vier spelers elk in elke afdeling gehad.

Roelof Campher in aksie op Saterdag, 21 September.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button