Local sportSport

Bethal Gholfklub nou weer spoggerig

Die bekende Transporters Charity Gholf day sal Vrydag, 27 September aangebied word.

BETHAL – Bethal Gholfklub se klubhuis het onlangs ‘n nuwe baadjie aangetrek.

Die kroeg is heeltemal oorgedoen en het nou ‘n vars voorkoms.

Een van die lede het gesê dat dit ‘n goeie verandering is wat hopelik postiewe resultate sal hê. “Dit is lekker om trots op ‘n klub waaraan jy behoort, te voel.”

Dié veranderinge is afgehandel betyds vir die Tarentaalweek wat op Donderdag, 26 September afslaan. Die gewilde toernooi sal in tweebal-beterbalformaat gespeel word.

Middag- en aandete is teen R250 per speler ingesluit.

Die bekende Transporters Charity Golf Day word op Vrydag, 27 September aangebied.

Bespreek vroegtydig om jou plek te verseker deur by MG Snyman by 071 606 7953 of Jan Brand 079 758 4761 te skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button