Local sportSport

Duiweboere se duiwe meet kragte vanaf Douglas

Homan, Stander en Viljoen-gesin se duiwe vlieg vinnigste

SECUNDA – Verskeie duiweboere van Sasol Posduifklub se duiwe het die afgelope twee Saterdae presteer toe die wedvlugduiwe vanaf Douglas en Griekwastad huis toe gevlieg het.

Frik Stander se duiwe het op Saterdag, 14 September die ope 1-afdeling gewen, asook ‘n vyfde plek losgevlieg.

Die Viljoen-gesin se duiwe het tweede en vierde geëindig, terwyl die duiwe van Kinders van die Wind-span derde en negende geëindig het en Boeta Homan se duiwe sesde, sewende en 10de en een van Britz & Hayward-span se duiwe agtste.

In die ope 2-afdeling se wedvlug vanaf Douglas, het een van Britz & Hayward-span se duiwe eerste oor die wenstreep gevlieg terwyl een van hul ander duiwe negende geëindig het.

Homan se duiwe het skoonskip in dié afdeling gemaak en tweede, derde, vierde, vyfde, sesde, sewende en agtste geëindig, terwyl een van Buks Snyman se duiwe 10de geëindig het.

Homan se duiwe het weer eens presteer vanaf Griekwastad op Saterdag, 21 September en eerste, vierde en negende plekke in die ope 1-afdeling verower.

Die Viljoen-gesin se duiwe het tweede, derde, agtste en 10de plekke in dié afdeling behaal, terwyl een van Britz & Hayward-span se duiwe vyfde geëindig het en Stander se duiwe sesde en sewende.

In die ope 2-afdeling was dit die Viljoen-gesin se duiwe wat die eerste, tweede, derde en negende plekke losgevlieg het, terwyl een van die Kinders van die Wind-span se duiwe vierde geëindig het en Homan se duiwe vyfde en sesde.

Stander se duiwe het sewende, agtste en 10de plekke behaal.

Boeta Homan se duiwe het behoorlik presteer en ook die ope 1-afdeling in die wedvlug vanaf Griekwastad gewen.
Atla en Stanley van die Viljoen-gesin se hokke het presteer en die ope 2-afdeling in die wedvlug vanaf Griekwastad gewen.
Frik Stander van Sasol Posduifklub se duif het die ope 1-afdeling in die wedvlug vanaf Douglas gewen.
Een van Nico Britz en Michael Hayward van Britz & Hayward-span se duiwe het die ope 2-afdeling vanaf Douglas gewen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button