Local sportSport

Edelvalk-skuts se seisoen nader einde

Dié tak het verbeteringe op die baan aangebring om dit gerieflik vir lede te maak met skuifdeure by die oorspronklike gebou, asook ’n afdak langsaan.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 12 Oktober die Dave Marais-pretskiet by die Evert Genis-skietbaan aangebied.

Altesaam 30 skuts het meegeding.

Gerhard Bierman het eerste geëindig, Jaco Booysen (jr.) het die tweede plek behaal en Helen Ellis was derde.

Oom Dave Marais het ook deelgeneem en vierde geëindig.

Dié tak het verbeteringe op die baan aangebring om dit gerieflik vir lede te maak met skuifdeure by die oorspronklike gebou, asook ‘n afdak langsaan.

Hul gaan hul seisoen op 16 November afsluit, ook op die Evert Genis-skietbaan, met groeperingskiet.

Die jaareindfunksie sal op 23 November plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button