Local sportSport

Waterwese-skuts ding mee by gevorderde skietkompetisie

Smit het algeheel vierde geëindig en is in die Nasionale NKP A-span opgeneem om volgende jaar aan die Intermagte-kompetisie deel te neem, terwyl Zaba algeheel sesde geëindig het en in die Nasionale NKP B-span opgeneem is om ook volgende jaar aan die Intermagte-kompetisie deel te neem.

Skuts het op 2 en 3 Oktober aan ‘n jaarlikse gevorderde skietkompetisie op Graaff-Reinet deelgeneem waar 169 skuts van al nege provinsies meegeding het.

Twee van Departement van Waterwese en Sanitasie se skuts, Johan Smit wat by Grootdraaidam, Standerton gestasioneer is, en Isaac Zaba wat by Zaaihoekdam op Volksrust werk, is onderskeidelik gekies om Mpumalanga A en Mpumalanga C te verteenwoordig.

Smit het algeheel vierde geëindig en is in die Nasionale NKP A-span opgeneem om volgende jaar aan die Intermagte-kompetisie deel te neem.

Zaba op sy beurt het algeheel sesde geëindig en is in die Nasionale NKP B-span opgeneem om ook volgende jaar aan die Intermagte-kompetisie deel te neem.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button