Local sportSport

Bethal Bears slaan hul kloue in ’n wen

Bears het die wedstryd met vyf paaltjies gewen.

BETHAL – Bethal Bears het Sondag, 3 November teen Sasol Bulldogs op Bethal gespeel.

Bears het die wedstryd met vyf paaltjies gewen.

Die Bulldogs het eerste ingegaan om te kolf en Bethal Bears het hulle vir 171 lopies uitgeboul.

Bethal se beste boulers is Dillon Pillay en Danie Coetzer.

Hulle het elk drie paaltjies laat kantel en Johan Stadler twee paaltjies.

Marnus van Brakel en Franco du Preez het Bears se kolfbeurt goed begin met ‘n openingsvennootskap van 60 lopies.

Du Preez het 45 lopies aangeteken en Bears se kaptein, Jean Greyling het 75 lopies nie uit nie, behaal.

Jean Greyling stuur die bal op sy teenstander af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button