Local sportSport

Jaco Booysen aangewys as wëreldkampioen in een afdeling

Booysen het in spanverband ’n telling van 348/360 in die ‘Limited Bolt Action’ behaal en met die ‘GSR NRA 5685’ 296/300.

Jaco Booysen van die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het vanjaar aan verskeie proewe deelgeneem om te kwalifiseer vir die Protea-skietspan en het individueel as wêreldkampioen in die ‘GSR NRA(UK) 5685’-afdeling geëindig.

Die Proteas het by die Wêreldkampioenskap op Welkom van 27 Oktober tot 1 November meegeding.

Daar was twee afdelings, naamlik die ‘Limited Bolt Action’ en die ‘GSR NRA 5685’ en die hoogste tellings sou bepaal wie die Donderdag 31 Oktober onder die top 20 sou deelneem.

Die Proteas het die eerste afdeling gewen en ‘n tweede plek in die tweede afdeling verwerf.

Booysen het in spanverband ‘n telling van 348/360 in die ‘Limited Bolt Action’ behaal en met die ‘GSR NRA 5685’ 296/300.

Met hierdie tellings is hy in eersgenoemde afdeling 14de uit die top 20 en met die 296-telling eerste uit die top 20.

Die eindronde het op 31 Oktober plaasgevind waartydens 347 in die ‘Limited Bolt Action’ aangeteken en ‘n algehele 11de plek behaal is.

‘n Telling van 387 is in die tweede afdeling behaal en ‘n algehele eerste plek is verower.

“Dit was ‘n groot voorreg en ervaring om op dié vlak te kon deelneem,” het hy gesê.

” Ek wil net my hemelse Vader dank vir die voorreg en Sy helpende hand veral hierdie week met al die terugslae met die geweer.

“Alle dank en eer aan Hom.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button