Local sportSport

Mans lewer vinnige tye tydens die Sasol Marathonklub se nagwedloop

Sasol Secunda Marathonklub het op Woensdag, 6 November ’n 3-in-1 nagwedloop aangebied.

SECUNDA – Sasol Secunda Marathonklub het op Woensdag, 6 November ‘n 3-in-1 nagwedloop aangebied.

Atlete kon kies om aan die 10km-wedloop, ‘n 4,9km-pretdraf of ‘n 2km-pretloop deel te neem.

Die weer was gunstig en het daarom moontlik meer deelnemers gelok.

“Nee pappa, ek gaan nou die vlag swaai,” het Kgutso Mogotlane (14 maande) sy pa laat verstaan.

Lizelle Roberts het die vroue se ope-afdeling in die 10km-wedloop met ‘n tyd van 41 min en 49 sek gewen.

Michelle Parks het die junior dogters-afdeling in 43 min en 19 sek gewen.

Hoewel Marthi Harme aan die 50 plus-afdeling deelgeneem het, was sy kort op die hakke van die bogenoemde wenners en het die horlosie op 48 min en 42 sekondes laat stop.

Broni van der Meer (40+) het in ‘n tyd van 1:00,56 en Wilna Jordaan (60+) met 1:03,22 die wedloop voltooi.

Heidi Vermaak en Elzaan van Heerden het die 10km aangepak.

Die vroue-stapper was Fia Coetzee wat met 1:12,36 klaar gemaak het.

Vinnige tye is deur die mans met die 10 km wedloop opgestel.Manne soos Katleko Mdluli het binne 31 min en 46 sek oor die eindstreep gesnel.

Austin Mahlangu het die junior-afdeling in 37 min en 03 sek gewen.

Graham Malinga (40+) het ‘n wentyd van 33 min en 14 sek opgestel en Linda Maqabi (50+) 48 min en 23 sek.

Riaan Venter (60+) kon in sy ouderdomsgroep steeds onder ‘n uur klaar maak en het die wenstreep op 57 min en 43 sek oorgesteek.

Martin Vilakazi het die 10 km binne 1:00,56 voltooi.

Mika (8) en Anje Fourie (6) vat nie nonsens nie en het aan die 4,9km deelgeneem.
Betty Gamede, Fiona Phetla en Thulile Maseko het gesê dat hulle gereed is vir die 10km al moet hulle stuk-stuk stap.
Maureen Smit (4,9km), Isabel Kruger (4,9km), Braam Kruger (10km), Magda Oosthuizen (10km) en Ismari Rust (10km) het na die wedloop uitgesien.

Sien meer foto’s hier:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/150498/galery-atlete-hou-hul-beste-voetjie-sasol-se-nagwedloop-voor/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button