Local sportSport

‘Pink Ladies’ se meer as 700 rondtes verseker oorwinning

Volgens me. Jean Robertson, ’n vrywilliger van Standerton, het 11 spanne ingeskryf.

Die onlangse ‘Cansa Relay for Life’ by die Standerton Skouterrein word allerweë as ‘n sukses beskou.

Me. Marchel Kruger, verteenwoordiger van Cansa op Secunda, en me. Sonell van Niekerk, ‘n vrywilliger van Standerton, het dit beaam.

Dié geleentheid het Saterdag om 3nm begin en sou tot 3vm die volgende oggend aanhou.

Volgens me. Jean Robertson, ‘n vrywilliger van Standerton, het 11 spanne ingeskryf.

Me. Sonéll van Niekerk sit “skop” in die Relay for Life. (Foto: Verskaf)

Die ‘Pink Ladies’ was op hulle pos om dié saak te ondersteun en die ‘parkrun’-deelnemers het ook ‘n span ingeskryf.

‘Pink Ladies’ was die span wat na meer as 700 rondtes gewen het, gevolg deur die ‘parkrun’-span met meer as 600 rondtes.

“Cansa se beplanning was goed,” het me. Van Niekerk gesê.

“Die reën wat gedreig het, het moontlik sommige mense afgeskrik,” het me. Kruger gesê.

Deelnemers en vrywilligers het teen 11nm op Saterdag huiswaarts gekeer.

Die span wat by die onlangse ‘Cansa Relay for Life’ gewen het. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button