Local sportSport

Gholfspelers slaan bal van trappe af by Mashie-gholfdag

Skool bedank al hul borge

SECUNDA – PW Nel het op Vrydag, 15 November Hoërskool Secunda se Mashie-gholfdag wat by die skool aangebied is, gewen.

Christiaan Wessels het tweede geëindig en Marius Schempers derde.

Die doel van dié dag was om geld in te samel vir die rugbytoer wat volgende jaar in die Kaap plaasvind.

Mnr. George Matfield, organiseerder van die gholfdag, het gesê dit het vir die gholfspelers baie uitdagings gebied, maar hulle het ook baie prêt gehad.

Hy het namens die skool hul hoofborge wat Hoëveld Presisie Ingenieurswerke, Stoepstories, Albrunico, C & C Staal, Van der Walt & Faulha Biokinetikuste en Lungsani insluit, bedank, asook al die gholfspelers wat deelgeneem het.

Liesl Pretorius neem op Vrydag, 15 November aan Hoërskool Secunda se Mashie-gholfdag deel.
Etienne Pretorius op Vrydag, 15 November in aksie op die rugbyveld tydens Hoërskool Secunda se Mashie-gholfdag.
Wayne Pretorius speel op Vrydag, 15 November gholf by Hoërskool Secunda se Mashie-gholfdag by die skool.
Rikus Pretorius slaan op Vrydag, 15 November ‘n bal vanaf die trappe tydens Hoërskool Secunda se Mashie-gholfdag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button