Tennisspelers wys hul staal in dubbels tydens Growthpoint Top Guns-tennistoernooi
Die beste spelers van tennisklubs op Middelburg, Ermelo, Secunda, Mashishing (Lydenburg) en Mbombela (Nelspruit) het Saterdag deelgeneem.
SECUNDA – Tennisspelers van verskeie dorpe het op Saterdag, 16 November in die Growthpoint Top Guns-tennistoernooi wat vir die eerste keer op Secunda aangebied is, kragte gemeet.
Middelburg het die A- en B-afdelings gewen terwyl Ermelo tweede geëindig het.
Die beste spelers van tennisklubs op Middelburg, Ermelo, Secunda, Mashishing (Lydenburg) en Mbombela (Nelspruit) het Saterdag deelgeneem.
Die spelers van Middelburg Country Club wat gewen het, is Lydia Wilsenach, Benita du Plooy, Charl Basson en Kaylin de Beer.

Die spelers van Ermelo Tennisklub is Hennie Dippenaar, Reghardt du Toit, Nettie Beetge en Susan van Rooyen.
Die spelers van Middelburg Country Club wat die B-afdeling gewen het, is Abri Coetzee, Anita Smith, Elma Nell en Michael Abraham.
Die B-afdeling se naaswenners is Dawie Wessels, Lousie Minnaar, Laetitia van der Walt en André Janeke.
Dit is die derde jaar wat dié toernooi aangebied is en dit word jaarliks op ‘n ander dorp gespeel.
Klubs kon meer as een span inskryf.
Daar was altesaam 17 spanne wat aan dié toernooi deelgeneem het.

Vir meer foto’s besoek die skakel:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/150958/galery-beste-tennisspelers-meet-kragte-op-secunda/



