Local sportSport

Secunda se 4×4-aanhangers snak na hul asems

Die Extreme 4x4-uitdaging het ’n groot klomp waaghalse die kans gegee om hul voertuie se vernuf en hul senuwees op Saterdag, 23 November te toets.

SECUNDA – Die Extreme 4×4-uitdaging het ‘n groot klomp waaghalse die kans gegee om hul voertuie se vernuf en hul senuwees op Saterdag, 23 November te toets.

Dié dag is deur Hankook en 4×4 @ Lake Umuzi aangebied.

Aanhangers het verskeie kere na hul asems gesnak wanneer dit gelyk het asof ‘n voertuig gaan omval.

Van dié bestuurders kon nie al vier wiele of selfs twee op die grond hou nie en het getuimel.

Louwrens Nolte het die modder behoorlik laat spat. Foto: Anita Smit

Mister Punisher, ‘n reusagtige ‘monstertrok’ het kinders en volwassenes se aandag getrek.

Toeskouers het deur die dag die voertuie gevolg om te sien of elkeen die baan sal kan baasraak.

Verskeie klasse kon inskryf en die baan het ‘n behoorlike uitdaging gebied.

Corrie Hudson het in die aangepaste-klas deelgeneem en was die wenner met 450 punte in dié klas.

Louwrens Noltehet derde in die Top Truck-klas met 290 punte geëindig.

Rudi van der Merwe was die wenner van die Standaardklas, Johan Bekker van die Locker-klas, Rassie Ras van die Pro locker-klas en Jacques Swarts van die Top Trucks-klas.

Riley Black (9) was in vervoering met dié ‘monstertrok’. Dit was vir hom baie vermaaklik om in die wiel te kon pas.
Riley Black (9) sit bo-op die ‘monstertrok’ wat Saterdag, 23 November by Lake Umuzi en Hankook se 4×4-dag was. Kinders het dié voertuig bewonder en dit deur die dag verken.
Mark van der Ent was derde in die aangepaste-klas met 380 punte.

Meer foto’s beskikbaar hier:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/151229/galery-waaghalse-pak-4×4-baan-secunda-aan/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button