Local sportSport

Sasol 1 se krieketspan voer die botoon teen Piet Retief

Sasol 1 het daarin geslaag om die lopietal in die 13de boulbeurt te bereik en Dewald Erasmus was die beste kolwer met 35 lopies.

SECUNDA – Sasol Krieketklub se tweedespan het eMbalenhle op Saterdag, 23 November uitgedaag, maar die wedstryd het uitgereën.

Sasol 2 was goed op die oorwinnignspad voordat dit begin reën het.Die span het daarin geslaag om 165 lopies in 45 boulbeurte aan te teken.Kobus West het die meeste lopies (42 nie uit nie) aangeteken, en Dodds van Zyl was Sasol 2 se beste bouler en het vier paaltjies geneem.

eMbalenhle het 24 lopies vir vier paaltjies in agt boulbeurte aangeteken voordat dit begin reën het.

Die Sasol Griffons het ook Saterdag, 23 November gespeel en dié wedstryd het ook weens reën in geen uitslae geëindig.

Die Griffons het 207 lopies aangeteken en Sasol Kinross het 96 vir vier aangeteken voordat dit begin reën het.

Lerato Mokoena was die beste puntemaker vir die Griffons en het 55 lopies aangeteken.

Werner le Roux het vier paaltjies vir Kinross geneem.

Mark Joseph het drie paaltjies vir die Griffons geneem.

Sasol 1 het op Sondag, 24 November met Piet Retief kragte gemeet en hulle met agt lopies geklop. Sasol 1 het Piet Retief uitgeboul vir 83 lopies.

Johan van Antwerpen van Sasol 1 het drie paaltjies vir 11 lopies geneem.

Sasol 1 het daarin geslaag om die lopietal in die 13de boulbeurt te bereik en Dewald Erasmus was die beste kolwer met 35 lopies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button