Local sportSport

Sasol Rolbalklub beloon beste spelers

Jimmy Holloway was eerste op die ranglys onder die mans en het ook met die prys weggestap vir die klub se beste mans-enkelsspeler.

SECUNDA – Die beste rolbalspelers is op Vrydagaand, 22 November by die Sasol Rolbalklub Secunda se prysuitdeling en jaareindfunksie, wat by Graceland Hotel, Casino en Buiteklub gehou is, beloon.

Jimmy Holloway was eerste op die ranglys onder die mans en het ook met die prys weggestap vir die klub se beste mans-enkelsspeler.

Lanie Nel was tweede onder die mans en Marius Labuschagne derde.

Betsie Bornman was die kampioen onder die vroue-enkelspelers terwyl Janita de Villiers tweede geëindig het en Annette van Reyneveldt derde.

Kevin Semple en Roelof Campher was die beste mans pare-spelers, terwyl Koos Jonker en Lanie Nel tweede geëindig het in dié afdeling en Lappies Labuschagne en Marius Labuschagne derde.

Janita de Villiers en Elmarie Weilbach was eerste onder die vroue-pare terwyl Elsie Jansen en Susan van Huyssteen tweede geëindig het in dié afdeling en Rina Gibhardt en Maretha Maritz derde.

In die afdeling vir gemengde pare, het Lappies Labuschagne en Rina Gibhardt met die trofee vir die eerste plek weggestap terwyl Jimmy Holloway en Betsie Bornman tweede geëindig het en Div de Villiers en Janita de Villiers derde geëindig het.

Lanie Nel is as die mans se Kampioen van Kampioene aangewys en Betsie Bornman as die vroue se Kampioen van Kampioene.

Jimmy Holloway, Gerrit van Rooyen en Nick van Huyssteen was die wenners in die Hoëveld Viere-afdeling en Kevin Semple en Roelof Campher het die toekenning vir Mpumalanga Pare se eerste plek gekry.

Die Victor- en Victrix Ludorums was onderskeidelik Lanie Nel en Betsie Bornman.

Die wenners wat toekennings ontvang het op Vrydagaand, 22 November by die Sasol Rolbalklub Secunda se prystuitdeling en jaar-eindfunksie by Graceland Hotel, Casino en Buiteklub.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button