Standerton Posfuifklub wys Ben Steyn as klubkampioen aan
Trofees is vir die algehele kortpadkampioen, algehele middelafstandkampioen, algehele langafstandkampioen, jaaroud-derby, jaaroud-kampioen, ope-kampioen, beste jaaroud-duif, beste ope-duif, beste algehele duif en meeste punte gevlieg in 2019, oorhandig.
Standerton Posduifklub het onlangs hul jaarlikse jaarafsluiting en prysuitdeling gehou en duiweboere het in spanning gewag voordat Ben Steyn as klubkampioen aangewys is.
Trofees is vir die algehele kortpadkampioen, algehele middelafstandkampioen, algehele langafstandkampioen, jaaroud-derby, jaaroud-kampioen, ope-kampioen, beste jaaroud-duif, beste ope-duif, beste algehele duif en meeste punte gevlieg in 2019, oorhandig.
Danie van Staden het trofees vir die ope-derby en ope-rooiduif ontvang, David Armitage vir die twee-jaaroud-kampioenskap, skouveiling (eerste en tweede duif), John Vienings vir die jaaroud-kampioenskap, ope-kampioenskap, snelheidskampioen en jaaroud-rooi duif, David van der Linde vir die langste wedvlug, Norden Lombard vir die ope-bont duif, Rudolf Fritz vir Sportman van die Jaar, Nico van Jaarsveld vir Beginner van die Jaar en skouveiling (derde duif) en Thys Pretorius vir Lekwa Klub.