Chrizell Roberts oefen vir silwer by Comrades
’n Oproep van voormalige Comrades-kampioen, Nick Bester, om aansoek om lid van ’n professionele klub te doen, het gevolg en Chrizell het by die Comrades vanjaar die moordende wedloop in ’n tyd van 8:55,24 voltooi en ’n Bill Rowan-medalje ontvang.
Chrizell Roberts, kranige marathonatleet van Standerton, kan nou haar hare uit haar kop trek dat sy nie tydens haar ses-jaar-verblyf in London, Engeland al begin oefen het nie.
Dit was eers ‘n terloopse aanmerking, terug in Suid-Afrika, wat die bal aan die rol gesit het.
“Ek het uit verskonings gehardloop,” aldus Chrizell.
Dié naeltegnikus kry daagliks ‘n oefensessie van 7vm tot 9vm in wat gerieflik by haar werk en verpligtinge as ouer inpas.
Chrizell en Quinton wat 40km uit op die Volksrust-pad woon, het mekaar destyds in die ‘London Underground’ ontmoet en hul twee kinders, Daniël (11) en Melinda (10) is in die Britse hoofstad gebore.
Nadat die gesin in 2011 teruggekeer het, het sy daadwerklik in 2015 begin oefen vir daardie grote, die Comrades Marathon.
‘n Oproep van voormalige Comrades-kampioen, Nick Bester om aansoek om lid van ‘n professionele klub te doen, het gevolg en Chrizell het by die Comrades vanjaar die moordende wedloop in ‘n tyd van 8:55,24 voltooi en ‘n Bill Rowan-medalje ontvang.

“Harde werk en deursettingsvermoë is belangriker as talent, want jy bereik dit nie oornag nie.”
Sy het op Hoërskool Goudrif aan die Oos-Rand in hoogspring presteer en by die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskap meegeding.
Vanjaar is verskeie wedlope al voltooi met die Kaapstad Marathon wat in September in 3:01,20 mee klaargespeel is, die Kaapsehoop Marathon, oor 42km, wat in 2:56,09 op 2 November voltooi is en skaars ‘n paar dae later, die Secunda Sasol Night Race, oor 10km, waar sy ‘n wentyd van 41 min 50 sek aangeteken het.
Chrizell het lank op haar eie geoefen en Nick is nou haar afrigter.
Deelname aan die Kaapsehoop Marathon was juis om voor te berei vir die af-wedloop van die Comrades volgende jaar.
“Jou bobene vat ‘n ‘hammering’.”
Nick het haar genooi om saam met die vroue-kampioen van vanjaar se Comrades, Gerda Steyn, tyd in Lesotho deur te bring om gewoond te raak aan veranderde omstandighede.
Chrizell spring nou by die Comrades vanuit ‘n ‘elite seeding’ weg.
“Jy bereik dit nie oornag nie en ek is beslis nou in ‘n posisie om ‘n silwer medalje volgende jaar te verwerf.
“Die Comrades kan jou maak of breek.”




