Local sportSport

Edelvalk-tak vereer hulle topskuts by prysuitdeling

Xander Bailey het met die louere weggestap nadat hy as jagter van die jaar aangewys is.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Edelvalk-tak het op 23 November hul afskeidsfunksie en prysuitdeling by Over the Moon Restaurant aangebied en trofeewenners vir die seisoen aangekondig.

In die juniorafdeling is Elandri Booysen en Jaco Booysen (jr.) onderskeidelik vir die vroue en mans as beste skuts aangewys.

Helen Ellis het die trofee as beste vroueskut ontvang, Evert Genis as beste veteraanskut en Jako Booysen (jr.) as beste junior .22-skut.

Jako Steenkamp is as haelgeweerskut van die jaar aangewys, Stoffel Bester as geweerskut van die jaar en Jako Steenkamp as veelsydigste skut.

Xander Bailey het met die louere weggestap nadat hy as Jagter van die Jaar aangewys is.

Xander Bailey glimlag breëbors met Edelvalk-tak se toekenning as Jagter van die Jaar. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button