Standerton en Distrik hengelaars bring 175 visse aan wal
Tydens die klub se prysuitdeling op 9 November is Morné Kuhn as die seniorkampioen aangewys, Nicolene Kuhn as vrouekampioen, Morné Kuhn (jr.) as 0/19-kampioen, Robert Nortje (jr.) as 0/13-kampioen en Chemonique Hoffman as super suiters-kampioen.
Standerton en Distrik Hengelklub het op 7 Desember by Grootdraaidam lyn natgemaak en 175 visse met ‘n gewig van 151.52kg aan wal gebring.
Volgens Louis Fourie, klubvoorsitter, het die visse vanaf 1nm gebyt.
In die seniorafdeling het Andrich Viljoen geseëvier met 38 visse van 18.395kg, gevolg deur Fourie met 19 visse van 26.625kg en Manuel Coueteno met 29 visse van 14.665kg.
Michelle Viljoen was onoorwonne in die vroue-afdeling met 18 visse van 16.720kg.
Andrich Viljoen het die swaarste grootbekgeelvis vasgekap, Coueteno die swaarste modderbek, Morné Ludick die swaarste karp en Fourie die swaarste baber.
Tydens die klub se prysuitdeling op 9 November is Morné Kuhn as die seniorkampioen aangewys, Nicolene Kuhn as vrouekampioen, Morné Kuhn (jr.) as 0/19-kampioen,
Robert Nortje (jr.) as 0/13-kampioen en Chemonique Hoffman as super snuiters-kampioen.
Die Sportman van die Jaar was Niel Jansen van Rensburg en Sportvrou van die Jaar was Dalene Hoffman, terwyl Morné Kuhn (jr.) as Juniorkampioen aangekondig is.
Die huidige bestuur is herverkies tydens die algemene jaarvergadering wat op dieselfde dag plaasgevind het.
Die komitee bestaan uit mnre. Louis Fourie (voorsitter), Morné Kuhn (ondervoorsitter), Dalene Hoffman (sekretaresse), Riaan Draper (tesourier), Francois Scheepers (klubkaptein en ligakoördineerder) en Andries Holtzhausen (reklame).
Vir hernuwing van lidmaatskap en nuwe aansluitings, kan met Dalene Hoffman by 082 867 7716 in verbinding getree word.
Die Suid-Afrikaanse Kampioenskap vind vanaf 9 tot 11 Desember by Bloemhofdam plaas en Morné Kuhn (jr.), JP Hoffman, Wynie van der Merwe, Liam Werth, Robert Nortje (jr.), Robert Nortje (0/13-spankaptein) en Niel Werth (0/13-hulpkaptein) gaan die klub verteenwoordig.




